Oor ons
Ons is hier om ouers te help om gelukkige en gesonde kinders groot te maak
ONS GESKIEDENIS
Nadat ek die lewe aan my eerste baba geskenk het, het ek as 'n mamma ondervind dat daar nie omvattende kleuterversorging is nie. Ek het toe besluit om hierdie gaping te oorbrug en het self 'n dagversorgingsentrum begin.
Weens my liefde vir kinders, my Pre-primêre opleiding en my sielkundige agtergrond was dit vir my baie belangrik om 'n omvattende diens te lewer vir die werkende mamma.
Hierdie diens moes kleuterskoolonderrig tot Graad R asook dagversorging vir kleiner baba’s insluit sowel as vakansiesorg vir alle kinders, aangesien mamma’s mos vakansies ook werk.
Ek en my man het ons huis in Pretoria verkoop en terug verhuis na Bloemfontein om hierdie erf te koop. Ons het in 'n huurhuis gebly en op 'n stadium ons kar verkoop om genoeg geld te kry sodat die 1ste boufase voltooi kon word.
Ons het die naam "Kapie" afgelei van die “skapie” (die eekhoring wat op die wolkie lê), aangesien die kinders die eekhoring “Kapie” gedoop het.
Personeellede maak dit daagliks hulle prioriteit maak om liefdevolle aandag en stimulasie aan die kinders te voorsien.
ONS MISSIE
ONS VISIE
ONS PERSEEL
Ons perseel is in 'n veilige en rustige omgewing geleë.
Ons het 4 klasse en akkommodeer elke ouderdomsgroep apart. Ons speelgronde is ekstra groot en word ook volgens ouderdomme verdeel sodat daar behoorlike toesig gehou kan word.
Die prinsipaal se kantoor is toegerus met CCTV-kringtelevisie om te verseker dat die onderskeie klasprogramme gevolg word en om te kyk of daar behoorlike toesig en sorg is.
Die perseel is ook veilig omhein en die dienste van 'n sekuriteitsmaatskappy is net 'n knoppie vêr.
Hier is lieflike groot bome en grasperke wat genoeg skadu en speelplek bied terwyl die kinders op 'n verskeidenheid apparate kan speel en baljaar.
