BUITEMUURSE AKTIWITEITE
'n Aktiewe kind is 'n gelukkige kind!
'N AKTIEWE KIND, IS 'N GELUKKIGE KIND!
Dit is baie belangrik dat alle sintuie van die kind ten volle ontwikkel. Daarom bied ons verskeie buitemuurse aktiwiteite aan wat fisiese voordele vir die groei en ontwikkeling van die kind inhou.
Indien 'n kind byvoorbeeld net visueel sterk ontwikkel, sal sy ouditiewe persepsies (opdragte wat mondelings gegee word) agterweë bly, wat kan veroorsaak dat die kind op skool sukkel omdat hy nie op opdragte kan konsentreer nie. Musiek, stories en verskillende geluide versterk ook die kind se gehoor en spraak.
01
MONKEYNASTIX
Deur opwindende en prettige opvoedkundige bewegingsprogramme, moedig Monkeynastix kinders aan om die wêreld om hulle te verken en te ontdek deur hulle sintuie en hulle lyfies te gebruik.
Connie van Zyl
082 412 4216
Vrydae
08:00 - 10:30
Grootspierkoördinasie wat belangrik is vir sportontwikkeling
Verskeie balansoefeninge en springaktiwiteite
Mataktiwiteite soos vooroorrolle, wawiele, kopstaan, handstaan, ensovoorts
Handapparaat vir klein motoriese ontwikkeling
Balvaardigheidsklasse
02
DAZZLING DANCE STUDIO
Dansklasse word vir dogtertjies tussen 2 en 3 jaar aangebied deur Cristelle van Breda (stigter en eienaar van Dazzling Dance Studio) en hulpafrigters.
Christelle van Breda
083 268 9023
Woensdae
10:00 - 11:00
Kinders leer ken ritme en bewegings, wat verband hou met breinfunksie
Ritme help met herkenning tydens spelling en lees van woorde
Die liggaam se spiere word deur konsentrasie beheer
Die dissiplinering van die brein help met ouditiewe persepsie en beheer
'n Pragtige postuur en selfvertroue word aangeleer
Berei kinders voor vir toekomstige dansklasse
03
RUGBY SKILLS
Rugby Skills verskaf rugbyafrigting vir alle seuns, wat hulle in staat stel om van kleins af die regte tegnieke en metodes aan te leer.
Christo
071 382 3055 of 083 887 7019
Vrydae
09:00 – 09:45
Balans
Spronge (standvastigheid en veerkragtigheid)
Steun (kraploop, opstote en kruiwastoot)
Hand-oog-koördinasie
Balvaardigheid
Reaksie en spoed
04
CAMI REKENAARS
Rekenaarklasse wat gekoppel is aan die kurrikulum word aangebied in die Graad R-klas.
Michelle Viljoen
060 965 8486
Donderdae
08:00 – 11:30
Visuele persepsie
Hand-oog-koördinasie
Wiskundevoorbereiding
Kleur- en vormherkenning
Beplanning en visualisering
Rekenaarvaardigheid
05
KARATE KIDZ
Quentin Rourke
082 644 3865
Donderdae
09:00 – 09:45
